Vermiste vrou van Welkom se liggaam onder duvet bedek, gevind

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die vermiste vrou van Welkom, Bianca van Tonder, wat laas op 16 September gesien is, se liggaam is die naweek onder ‘n duvet bedek, in ‘n pan gevind.

“Bianca van Tonder (31) is die oggend van 16 September laas deur haar ouers gesien toe sy met haar wit Hyundai Atos met FS-registrasienommer gery het. Volgens haar ouers het sy nooit weer in Naudeville, Welkom terug huis toe gekeer nie,” het brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, bevestig.

Vermiste vrou van Welkom se motor eerste gevind

Haar ouerz het haar die volgende dag as vermis by die Welkom-polisiestasie aangemeld. ‘n Soektog na Van Tonder is dadelik deur polisielede en kapt. Wassie Wasmuth van Welkom se K9-eenheid begin. Haar voertuig is oop, met haar handsak en klere binne-in, gevind.

Makhele sê verder die soektog het die polisie geneem na ‘n oop veld naby Lakeview-pan, waar haar motor eerste gevind is. Haar motor was nie gesluit nie en haar handsak en klere is binne-in die motor gevind. “Volgens veewagters was die Atos reeds op 16 September 2021 om 15:00 daar geparkeer.”

Die soektog het voortgeduur en Van Tonder se liggaam is Vrydag om 11:30 in die pan gevind. Makhele sê haar liggaam was in ‘n handdoek toegedraai. ‘n Saak van moord is geregistreer en die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.