Twee vriende op Stilfontein geskiet, een in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM. – Een verdagte is na ‘n intensiewe ondersoek in hegtenis geneem nadat twee vriende op Stilfontein geskiet is.

Matela (Sefako) Likhama (33) is tydens die voorval doodgeskiet en sy 25-jarige vriend is gewond.

“Volgens inligting wat ontvang is, het die twee vriende op die betrokke dag by Nape Stad, Dihokong op Stilfontein gestap, toe hulle na bewering deur ‘n groep mans genader is. Twee mans uit die groep het glo vuurwapens uitgehaal en na bewering op albei vriende geskiet,” sê Adele Myburgh, polisiewoordvoerder.

Twee op Stilfontein geskiet

Die verdagtes het daarna van die toneel gevlug. Die polisie en nooddienste is ontbied en Likhama is op die toneel dood verklaar. Sy 25-jarige vriend is in ‘n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas.

‘n Verdagte, 21 jaar oud, sal na verwagting vandag in die landdroshof op Stilfontein verskyn op aanklag van moord en poging tot moord.

Die polisie versoek dat enigiemand wat inligting het wat die ondersoek kan help, lt.kol. Lebodi by 082 338 1076 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.