Polisie op soek na vermiste man

Deel hierdie storie / Share this story

MAHWELERENG – Die polisie is op soek na ‘n vermiste man wat op 15 September om ongeveer 12:15 vermis geraak het.

Die 25-jarige Malesela Alfred Mabusela het volgens polisieverslae sy huis dié dag verlaat sonder om vir enigiemand te vertel waarheen hy gaan. Hy het intussen vermis geraak en die polisie kon hom nie by sy vriende of familie opspoor nie.

Kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder, sê hy het ‘n pienk T-hemp en blou-en-wit Adidas-skoene aangehad.

“Enigiemand met inligting wat kan help om die vermiste man op te spoor, word versoek om die ondersoekbeampte, kapt. Mashamaite, by 0823199325 te kontak.”

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se vyfde uitgawe is hier