Klein Daniel Kerswell (2) herstel goed na fratsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Dit gaan goed met die 2-jarige Daniel Kerswell wat twee weke gelede tydens ‘n fratsongeluk onder sy pa se voertuig se wiel beland het.

Sy ma, Danelle Kerswell, het Sondag op die Facebook-gebedsgroepie wat sy vir Daniel gestig het, geskryf hoe trots sy op hom is en dat hulle baie opgewonde is vir hom om huis toe te gaan.

“Twee weke gelede dié tyd het ons gedink ons gaan jou verloor,” skryf sy. “Kyk waar trek jy vandag, my bekkie! So trots op jou! Jy is ‘n groot inspirasie en het so baie mense se harte aangeraak.”

Sy sê toe sy by Daniel gaan kuier het, wou hy net rondgedra word en heeltyd buite, na die voëltjies en die motors, kyk.

Daniel is van Ermelo in Mpumalanga.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se vyfde uitgawe is hier

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.