Baie het al die gesegde gehoor dat ouderdom net ‘n getal is. Maar wanneer is die ouderdomsverskil té groot? Die 19-jarige tienermeisie het haar 61-jarige man aan die begin van 2020 op ‘n dating app ontmoet waarna hulle getrou het.
Ten spyte daarvan dat Audrey Cheyenne-Smiley Moon se ouers aanvanklik teen die verhouding was, is die twee vandag gelukkig getroud al het hulle ‘n ouderdomsverskil van 42 jaar. Die twee het aanvanklik aanlyn begin praat en het na ses maande afgespreek om mekaar in Kalifornië te ontmoet.
Tienermeisie trou met man 42 jaar ouer as sy
Kevin, die man met wie die meisie getrou het, was al vir 19 jaar getroud en het twee kinders, onderskeidelik 23 en 16. Volgens hom ondersteun sy kinders die verhouding ten volle.
Audrey vertel aan verskillende internasionale media dat haar familie aan die begin van die verhouding teen hulle was. Haar ouers het haar probeer oortuig dat hy “sleg” vir haar is. Kevin het aanhou kom kuier en haar ouers het later die verhouding begin aanvaar.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



