VRYSTAAT. – Die polisie is op soek na die vermiste sewejarige meisie van Phahameng naby Kestell nadat sy laas op 18 September 2021 gesien is.
Tshepang Mosikidi (7) van die Phahameng-omgewing in die Tlholong-nedersetting is laas gesien waar sy en haar maatjie van dieselfde ouderdom na ‘n nabygeleë winkel geloop het.
Sewejarige vermis
“Die maatjie beweer hulle het ‘n sekere bekende man ontmoet wat hulle vyf rand gegee het en Tshepang gevra het om saam met hom te stap,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.
Enige persoon met inligting rakende waar die kind of die man hulself bevind, moet speurdersersant Patrick Mofokeng van Kestell by 076 362 6859 of die naaste polisiekantoor skakel.
LEES OOK: Tienermeisie trou haar 61-jarige liefde
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



