Polisielede in hegtenis in verband met gewapende roof, poging tot moord en ontvoering

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Twee polisielede van die Kuruman-misdaadsbekampingeenheid staar nou aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en ontvoering in die gesig nadat hulle vanoggend in hegtenis geneem is.

Lt. kol. Philani Nkwalase, polisiewoordvoerder, sê die lede het glo motoriste van geld, selfone en ander goedere op die N14 met behulp van wapens beroof.

Dié insidente het tussen Julie en Augustus 2020 plaasgevind.

Tydens die lede se inhegtenisneming is ‘n Polo, wat glo tydens die rooftogte gebruik is, gekonfiskeer.

Dié verdagtes sal môre in die Kuruman-landdroshof verskyn.

LEES OOK: ‘Om ’n afrigter te wees, het my lewe verander’