Voertuigswendelaar weer vas vir bedrog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vermeende voertuigswendelaar is onlangs weer gevang vir bedrog.

Die verdagte was op vrye voet nadat hy onlangs twee opgeskorte vonnisse gekry het vir twee aparte bedrog-aanklagtes. Die nuwe klagtes teen hom hou verband met tenderbedrog.

Volgens die woordvoerder van die Valke,  Nonthandazo Mnisi, het hulle op inligting van die publiek reageer en Vrydag ‘n jongman van Nababeep, naby Springbok, gearresteer.

“Die verdagte, wat beweer het dat hy glo n werknemer van die Nama Khoi-munisipaliteit op Springbok is, was so vasgetrek.

Hy het aan een van ons agente ‘n tender van R15 m aangebied vir R100 000. Hy het egter eers R10 000 gesoek vir administratiewe kostes, ensovoorts.”

Volgens Mnisi het die Valke hierna ‘n operasie geloods om R10 000 aan hom te oorhandig. Hierna was hy gearresteer.

‘n Bron van die Valke, wat na aan die ondersoek is, het vertel dat daar ‘n sindikaat betrokke is en polisielede deel hiervan is. Binnekort sal hulle hopelik ook gearresteer word.

Intussen het dit aan die lig gekom dat iemand glo die tenderdokumente moes nageboots het, waarna die jongman dit waarskynlik afgelaai het.

Hierna het hy die eienaar van ‘n bekende gaste-oord, buitekant Nababeep, genader met die vals tender van R15 m.

Samantha Titus-Tatas (munisipale bestuurder van Nama Khoi-munisipalitiet), het gesê dat hulle tydens ‘n vergadering met die uitvoerende komitee gaan besluit watter stappe hulle kan neem.

Dieselfde jongman was ook onlangs betrokke by ‘n motorkarskema van duisende rande. Hiervoor was hy ‘n paar maande by twee verskillende geleenthede skuldig bevind aan bedrog.

Hy het twee opgeskorte vonnisse gekry en is beveel om sy kliënte se geld (motordeposito’s) terug te betaal.

‘n Erg geskokte lid van die publiek het intussen laat weet hoedat hulle ook deur hom ingeloop was tydens verskeie slenters. Ander het vertel dat hy waarskynlik nou vinnig geld soek om sy skuld volgens ‘n hofbevel aan die kliënte in die motorscam te betaal.

Volgens Mnisi behoort hy vandag in die hof op Springbok te verskyn.

Volf FiND iT hier.

Lees ook: Springbok-inwoners geskok seksslawerny-saak