NIEU-SEELAND. – Die regering van Nieu-Seeland het aangekondig hulle gaan die Dickason-familie na die dood van hulle drie kinders ondersteun deur familielede van Graham en Lauren vanaf Suid-Afrika na die land te bring.
Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, het die naweek in ‘n verklaring tydens ‘n TV-uitsending op 1 News gesê die land probeer planne maak om vir die familie van die gesin plek te maak in die land se MIQ-geriewe (managed isolation and quarantine). Almal wat die land binnekom, moet vir 14 dae by die geriewe onder kwarantyn wees.
Dickason-egpaar is albei dokters
“Ek dink dit is ongelooflik belangrik, en ek weet dat alle Nieu-Seelanders sal saamstem, dat dit so belangrik is om ondersteuning aan die familie te bied. Ons werk baie hard daaraan,” het Ardern verder in die verklaring gesê.
Lauren (40) word aangekla van moord na die drie dogtertjies dood deur hulle pa gevind is. Sy het Saterdag vir die eerste keer in die Timaru-hooggeregshof verskyn. Sy is na die Hillmorton-hospitaal, Christchurch, teruggeneem vir ‘n psigiatriese ondersoek. Sy sal weer op 5 Oktober in die hooggeregshof in Timaru verskyn.
Die huis en moordtoneel is die hele naweek deur die polisie ondersoek, maar dit is nie bekend waar Graham Dickason tans gedurende dié tyd gehuisves word nie.
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



