Nóg ‘n pasgebore baba die naweek gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – ‘n Pasgebore baba is vanoggend in die Blaaupan-dam in Bonaeropark, suidoos van Kemptonpark, gevind.

Pasgebore baba naby oewer gevind

ER24-paramedici se verklaring lui hulle paramedici is vanoggend om 09:16 na die toneel ontbied nadat ‘n seun van ‘n plaaslike visserman die pasgebore baba in vlak water, naby die oewer, ontdek het. Die pasgeborene het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.

Die toneel is daarna aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Familie gesoek na pasgebore baba se liggaam op strand uitspoel

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.