October 18, 2021

Australië verbied gebruik van Ivermektien

Australië verbied gebruik van Ivermektien

Australië verbied gebruik van Ivermektien Foto: Open Access Government

Die Therapeutic Goods Administration (TGA) in Australië het die gebruik en voorskryf van dié anti-parasitiese middel, Ivermektien, vir ander doeleindes as waarvoor dit geregistreer is, verbied. Dit sluit die gebruik om Covid-19 daarmee te behandel in.

TGA is bekommerd dat mense die soort medikasie neem in plaas daarvan om goedgekeurde behandeling te soek of om die Covid-entstof te kry. Dokters in Australië sal nou net Ivermektien voorskryf vir brandsiekte en sekere siektes wat met parasiete verbind word.

Ivermektien verbied

Die vinnige toename in die gebruik van Ivermektien beteken ook ‘n tekort van die medikasie kan ontstaan.

“Die dosisse Ivermektien wat op sosiale media aanbeveel word vir mense met Covid-19 is aansienlik hoër as dié wat goedgekeur is en veilig is. Hierdie hoër dosisse kan gepaard gaan met ernstige nadelige gevolge, insluitend erge naarheid, braking, duiseligheid, neurologiese newe-effekte soos aanvalle en koma,” het TGA in ‘n verklaring gesê.

Daar word verder in die verklaring gesê persone wat glo dat hulle teen virusse beskerm word omdat hulle Ivermektien neem, neem soms die besluit om nie getoets te word nie of om nie mediese hulp te soek as hulle simptome ervaar nie. Die TGA meen deur dié optrede word Covid-19-infeksies verder oor die hele gemeenskap versprei.

LEES OOK: KYK: Honderde drom saam om teen ent te protesteer

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *