WES-KAAP. – ‘n Vragmotor en ‘n bakkie het Saterdag omstreeks 13:13 op die R44 gebots.
Netcare 911 sowel as ander nooddienste het na die toneel gehaas.
Shawn Herbst van Netcare 911 sê by die ondersoek van die toneel is vyf beseerde insittendes gevind, van wie die beserings van gering tot ernstig was.
Al die insittendes is eers op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal geneem is.
LEES OOK: Vrou ontsnap toe man haar probeer verkrag





