Dokters en pasiënt by Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal met mes gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie het bevestig twee dokters en ‘n pasiënt is Vrydagaand om 20:30 by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal met ‘n mes gesteek.

“Daar word beweer dat ‘n manlike pasiënt twee mediese dokters en vroulike pasiënt met ‘n mes gesteek het. Hy is in hegtenis geneem en was onder hospitaalbewaking totdat hy ontslaan is,” het kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagte sal binnekort in die Kimberley-landdroshof op drie aanklagte van poging tot moord verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof

LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.