Vrou gee glo motor aan huurmoordenaar om haar man dood te maak

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die Valke het ‘n vrou, Mbalenhle Xaba (39), in hegtenis geneem weens sameswering om moord en bedrog te pleeg nadat sy glo ‘n huuurmoordenaar gereël het.

Daar word beweer dat die egpaar besig was om te skei toe die vrou glo besluit het om haar man dood te maak. In November 2020 het Xaba na bewering ‘n motor gekoop en dit as betaling aan die huurmoordenaar oorhandig.

Huurmoordenaar voer glo nie opdrag uit nie

“Die huurmoordenaar het na bewering nie die opdrag uitgevoer nie en Xaba het die voertuig teruggevra,” sê kapt. Simphiwe Mhlongo, polisiewoordvoerder.

Die saak is by die Valke aangemeld en ‘n intensiewe ondersoek is gedoen. Xaba is daarna in hegtenis geneem. Mbalenhle Xaba het gister in die landdroshof in Estcourt verskyn. Sy sal in aanhouding bly tot die saak weer op 21 September 2021 voorkom.

LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.