KYK: Paniekerige vrou hardloop agter ‘weghol’ waentjie aan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video waarin ‘n vrou agter ‘n stootwaentjie met ‘n baba in aanhardloop terwyl dit by ‘n afdraand afry, het mens hulle asems laat ophou.

Kyk hier na die vrou wat na die stootwaentjie hardloop (video is deur Reuters opgelaai):

Volgens verskeie oorsese media het die voorval in Turkye plaasgevind. Die video begin waar ‘n vrou en nog ‘n kind met ‘n babastootwaentjie na die sypaadjie stap. Sy los die stootwaentjie langs die straat terwyl sy iets doen, wat nie duidelik in die CCTV-beeldmateriaal gewys word nie.

Na ‘n kort oomblik begin die stootwaentjie by die afraand in die straat afry. ‘n Motor wat ook aangery kom, stop net betyds om nie die stootwaentjie te tref nie.

Later besef die vrou wat gebeur het, en hardloop dan in die rigting van die stootwaentjie. Die plaaslike media brei nie uit oor wat na die voorval gebeur het nie, maar sê wel die baba het sonder enige ernstige beserings oorleef.

LEES OOK: Pa onthoof dogter (3), sit res van liggaam in boom

LEES OOK: Familie op hulle knieë na Isabella (1) aan stukkie neut verstik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.