SUID-AFRIKA. – Die departement van basiese onderwys het vanoggend in ‘n verklaring bekend gemaak die matriekeindeksamen sal nou op 27 Oktober begin en nie op 1 November soos aanvanklik beplan was nie.
Die munisipale verkiesing vind op 1 November plaas en leerders moet beskikbaar wees om te gaan stem. Die vakke wat aanvanklik op 1 en 2 November geskryf sou word, sal nou na 27 en 28 Oktober geskuif word.
Die departement moedig matrieks aan om goed voor te berei vir die matriekeindeksamen en gebruik te maak van die verskillende hulpbronne wat beskikbaar is.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



