September 16, 2021

Ikutseng-inwoners se huise oorstroom deur rioolwater

Volgens Gerda Hayward, PA-raadslid, loop die rioolwater in slote in die veld in, wat dan in stormwaterdreine beland en so ook in die rivier.

Ikutseng-inwoners se huise oorstroom deur rioolwater

Ikutseng-inwoners se huise oorstroom deur rioolwater

WARRENTON. – Inwoners van Ikutseng op Warrenton se huise word deur rioolwater oorspoel. Dit is so erg laat hulle op bakstene in hulle eie huis moet loop om nie deur die rioolwater te loop nie.

Gerda Hayward, PA-raadslid van Wyk 5, sê die probleem duur al vir drie jaar, maar het in die laaste ses maande baie vererger.

Volgens Gerda loop die rioolwater in slote in die veld in, wat dan in stormwaterdreine beland en so ook in die rivier.

Warrenton sukkel ook al jare met ’n waterprobleem wat net nie opgelos word nie. Groot gedeeltes van die dorp het gereeld nie water nie en ander dele het glad nie water nie. Gemeenskapslede moet gereeld water aanry en aandra.

FiND iT het navraag by Magareng-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

LEES OOK: Warrenton-skoonmaakprojek: Ons wil weer trots wees op ons dorp

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *