PRETORIA. – Nege Eskom-werkers is glo gisteraand deur ontevrede inwoners van Morula View, Mabopane gyselaar gehou.
Die rede waarom die inwoners ontsteld was, is glo oor die eise van die gemeenskap om ‘n mini-substasie in hul omgewing te vervang.
Eskom-werkers wat glo gyselaar gehou is, vrygelaat
“Die Eskom-werknemers wat deur die gemeenskap van Morula View, Mabopane, gyselaar gehou is, is veilig ontruim deur wetstoepassingsagentskappe. Dit was te wyte aan vertragings wat veroorsaak is deur ‘n tekort aan mini-substasies waarmee Eskom tans sukkel. Sulke kriminele dade word veroordeel,” lui ‘n verklaring wat gisteraand naa die vrylating uigereik is.
LEES OOK: Pitbull boet met sy lewe toe aanvallers op huis toeslaan
LEES OOK: Ma sê in hof sy het dogter met terminale siekte doodgemaak
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



