Almal sukkel dan en wan met liggaamsreuke, veral in die somer. Mens sal verkies om dit eerder te vermy.
Hier is paar wenke om slegte liggaamsreuke die hok te slaan:
- As jy oormatig sweet, is dit die beste om soggens en saans te bad.
- Was jou klere gereeld.
- Trek elke dag skoon klere aan.
- Katoenonderklere is die beste.
- Vermy plastiese en sintetiese skoene.
- Moenie elke dag dieselfde skoene dra nie.
- Loop soveel as moontlik kaalvoet.
- Maak seker jou reukweerder bevat ’n antiperspirant.
- Was jou voete gereeld en droog dit goed af.
- Probeer kos wat sterk ruik te vermy.
- Sit reukweerder aan voor jy gaan slaap.
- Hou jou onderarms droog.
- Borsel twee maal per dag tande en onthou om ook jou tong te borsel.
LEES OOK: Albinisme-lyers lewe in vrees omdat liggaamsdele vir muti gebruik word



