KWAZULU-NATAL. – ‘n Man van Port Shepstone, Devan Raman (45) ook bekend as Nunoo, is vermis nadat laas op beeldmateriaal gesien is hoe hy sy huis te voet verlaat.
Volgens Reaction Unit South Africa is Raman ‘n inwoner van Irisweg in Marburg, Port Shepstone. Hy het sy woning Sondag verlaat en kan sedertdien nie opgespoor word nie.
Man van Port Shepstone sedert Sondag vermis
CCTV-beelmateriaal van sy eiendom wys hoe hy die erf te voet verlaat terwyl hy op sy selfoon praat. Sy selfoon lui steeds, maar word nie beantwoord nie.
Hy was geklee in ‘n geel T-hemp, swart broek en rooi-en-wit tekkies. Indien enigiemand inligting het oor waar Raman hom bevind, kontak Reaction Unit South Africa (RUSA) by 086 1234 333.
LEES OOK: ‘Hy is terug by ons,’ sê ma na motor met baba in gekaap is
LEES OOK: Ma en baba herenig na vermeende kapers motor met baba in kaap
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



