GAUTENG. – Die polisie in Giyani soek na die familie van ‘n slagoffer wat in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor gesterf het.
Volgens die polisie het die oorledene met ‘n wit Nissan 1400 met die registrasienommer XNG 573 GP gery.
Familie van man gesoek
“Hy het met ‘n vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting op die pad gery het, gebots. Hy is op slag dood. Die oorledene het ‘n swart langbroek, ‘n roomwit T-hemp en ‘n blou-en-swart baadjie aangehad,” lui ‘n verklaring van Arrive Alive.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek en enigiemand met inligting moet kapt. Khazamula Daniel Mchavi by 082 729 0343 of 08600 10111 kontak.
LEES OOK: Werner Büchner se matriekklas bied beloning aan
LEES OOK: Polisie op soek na drie verdagtes na plaasaanval op Buchner-gesin
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



