September 28, 2021

Leerling (14) beland onder trekkerband

Toe Netcare 911-paramedici op die toneel aankom, het hulle vasgestel die seun het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Leerling (14) beland onder trekkerband (Foto's: Verskaf)

Leerling (14) beland onder trekkerband (Foto's: Verskaf)

GAUTENG. – ‘n Leerling van ‘n hoërskool in die Oos-Rand het Maandagmiddag omstreeks 12:00 onder ‘n trekkerband beland.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê volgens verslae het die seun saam met ‘n groep vriende gespeel toe die trekkerband balans verloor en op die 14-jarige leerling beland het.

“Een van die sportonderwysers het die geroep om hulp gehoor en kon dit regkry om die band van die seun af te lig,” sê Herbst. “Die seun is na die noodhulpkamer geskuif en onderwysers kon hom help.”

Toe Netcare 911-paramedici op die toneel aankom, het hulle vasgestel die seun het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Die seun is op die toneel behandel terwyl die Netcare 911-helikopter na die toneel ontbied is. Toe die seun gestabiliseer is, is hy na ‘n mediese fasiliteit geneem waar hy die nodige behandeling ontvang het.

Lees ook: Vierde uitgawe van Bloemfontein Online Co.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *