September 23, 2021

Verstandelik gestremde man vermis

Hy is laas met veiligheidstewels, ‘n blou jean met ‘n Spar-logo en ‘n groen Springbok-baadjie gesien.

Verstandelik gestremde man vermis

Verstandelik gestremde man vermis Foto: SAPS

HENNENMAN. – Michael Andrew Theodorus O’Connel (46), ‘n verstandelik gestremde man, word sedert 7 September vermis en is deur sy suster as vermis aangemeld.

O’Connel is laas gesien toe hy uit Hennenman geloop het en is sedertdien nêrens te vinde nie. Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het O’Connel se suster berig dat hy sedert Dinsdag nooit teruggekeer het huis toe nie.

Gesin soek na verstandelik gestremde man

Die gesin het in Hennenman gesoek, maar sonder enige sukses.

“Volgens ‘n getuie is O’Connel op 7 September op die R70 buite Hennenman op pad na Welkom gesien. Hy is laas met veiligheidstewels, ‘n blou jean met ‘n Spar-logo en ‘n groen Springbok-baadjie gesien.”

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing van O’Connel, moet konst. Moselantja Chaole van Hennenman-speurdienste by 071 750 2021 of 057 573 9100 kontak.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *