September 20, 2021

Winkeleienaar naby Harrismith doodgeskiet

Volgens Makhele is die oorledene positief deur sy biologiese suster as haar broer geïdentifiseer.

Winkeleienaar naby Harrismith doodgeskiet

Winkeleienaar naby Harrismith doodgeskiet Foto: VideoHive


VRYSTAAT. – ‘n Winkeleienaar, Vian Cyprian Dlamini (25), is na bewering deur ‘n onbekende verdagte by die stortingsterrein van Intabazwe naby Harrismith doodgeskiet.

“Daar word beweer dat die polisie op 7 September 2021 omstreeks 20:30 besig was om te patrolleer toe hulle ‘n oproep ontvang het oor iemand wat naby die stortingsterrein doodgeskiet is,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Winkeleienaar in winkel doodgeskiet

Met die polisie se aankoms by die Malandela-winkel is die liggaam van Dlamini agter die toonbank in die winkel gevind. Volgens Makhele is die oorledene positief deur sy biologiese suster as haar broer geïdentifiseer.

Enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte, kan Crime Stop by 08600 10111 of die Harrismith-polisie by 058 624 1000/1600 skakel.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *