September 28, 2021

Seun dood (15) na twee motors hom raakry

15-jarige deur twee motors doodgery

15-jarige deur twee motors doodgery Foto: Twitter

WES-KAAP. – ‘n Seun, vermoedelik 15 jaar oud, is dood nadat hy gister deur twee motors by ‘n kruising in Lansdowne getref is.

ER24 se paramedici en Wes-Kaapse brandweerdiens het op die toneel opgedaag opgedaag en die seun in die middel van die pad gevind.

Seun op toneel dood

Kardiopulmonêre resussitasie is deur ER24 op die kind toegepas. Verskeie gevorderde lewensondersteuningsintervensies Is ook uitgevoer. Die seun het egter op die toneel aan sy beserings beswyk.

Omstandighede oor die voorval is nie bekend nie.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *