September 27, 2021

Liggame van drie vermiste leerders in rivier gevind

'n Veewagter het die leerders se liggame in die rivier gevind en die polisie in kennis gestel daarvan

'n Veewagter het die leerders se liggame in die rivier gevind en die polisie in kennis gestel daarvan Foto: Review Online

LIMPOPO.- Die liggame van drie leerders is Dinsdag in die Mohlabetse-rivier buite Groblersdal gevind. Die drie leerders is as vermis aangemeld nadat hulle die 30ste Augustus hul huise verlaat het om skool toe te gaan en nooit weer huis toe gegaan het nie.

Volgens IOL het lt.genl.Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, beveel dat ondersoek ingestel moet word na die omstandighede wat gelei het tot die dood van die drie skoolkinders.

“Nonjabulo Ngomane (9) en haar jonger broer, Themba Ngomane (8), sowel as hul bure se dogter, Katlego Sibande (15) het op 30 Augustus 2021 vanaf hul huise in Phooko vertrek en skool toe gegaan. Die drie leerders het nooit teruggekeer huis toe nie,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo.

Die kinders is as vermis by die Dennilton -polisiekantoor aangemeld, waarna die polisie en gemeenskapslede na hulle begin soek het. Mojapelo sê dit word vermoed dat die drie leerders ontvoer is omdat hulle na bewering gesien is toe hulle in ‘n Toyota Avanza inklim.

Lees ook: Familie gesoek na Pollsmoor-gevangene (22) maande voor vrylating sterf

‘n Veewagter het die leerders se liggame in die rivier gevind en die polisie in kennis gestel daarvan

Mojapelo sê die twee families het die kinders se liggame uitgeken nadat hulle uit die rivier gehaal is. Die leerders was steeds in hul skooluniforms. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om te bevestig wat die oorsaak van die leerders se dood is.

“Almal met inligting word versoek om kapt. Elias Mashegoane te kontak by 073 391 1978, die Crime Stop -nommer 0860010111 of die naaste polisiekantoor te skakel, of MySAPSApp te gebruik. Bellers kan kies om anoniem te bly en alle inligting wat ontvang word, word streng vertroulik hanteer. ”

Lees ook: Hond naby Springbok aan boom opgehang

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *