September 28, 2021

Hond naby Springbok aan boom opgehang

Die eienaar van die hond was te hartseer om verdere inligting aan Cloete te verskaf.

Eienaar en publiek boos asook geskok oor ‘vermoorde’ hond

Eienaar en publiek boos asook geskok oor ‘vermoorde’ hond Foto: Isaac Cloete

NUWEDORP. – ’n Hond is gister op Nuwedorp, Nababeep, naby Springbok, aan ’n boom opgehang gevind.

Die skaaphond-kruising is glo met ‘n kabelband aan sy pote in die boom opgehang en die geskokte eienaar moes die troeteldier onder die boom begrawe.

Hond aan boom opgehang gevind

Isaac Cloete sê volgens ’n bron is daar ‘n vermoede dat die gruweldaad deur mense van die Wes-Kaap gepleeg kon gewees het.

Die eienaar van die hond was te hartseer om verdere inligting aan Cloete te verskaf.

Enigeen met inligting oor die voorval, word versoek om die Nababeep-polisie te kontak.

LEES OOK: Partytjie lei glo tot moord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *