September 28, 2021

Partytjie lei glo tot moord

Die presiese omstandighede van die voorval word nog ondersoek.

Partytjie lei glo tot moord

Partytjie lei glo tot moord

OOS-KAAP . – Wat veronderstel was om ’n kuier tussen vriende te wees, het glo op moord uitgeloop toe ‘n persoon doodgesteek is.

Moord tydens partytjie

Sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, sê ’n verdagte (25) is Vrydagoggend omstreeks 01:00 in hegtenis geneem nadat hy glo ’n persoon met ’n mes doodgesteek het. Die bebloede mes is glo in sy besit gevind.

“’n Groep vriende het by die verdagte se meisie se huis gekuier en gedrink toe daar na bewering ’n bakleiery uitgebreek het.”

Die presiese omstandighede van die voorval word nog ondersoek.

Die verdagte sal Maandag 6 September 2021 in die Mtontsasa-landdroshof op ’n aanklag van moord verskyn.

LEES OOK: Versteekte kameras: Dalk in jou huis?

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *