KIMBERLEY. – Die Galeshewe-polisie vra dringend die hulp van die publiek om die 17-jarige meisie, Ithabaleng Alice Matlhadi, op te spoor wat laas op 4 September 2021 gesien is.
Sy woon in Chris Hani-park en is laas saam met haar vriend by ‘n taxistaanplek in Kimberley gesien. Volgens die polisie het sy het ‘n oproep van haar vriendin se selfoon gemaak. Sy het vir haar vriendin gesê dat sy na Botshabelo gaan.
Meisie laas op 4 September gesien
“’n Onbekende man het haar in ‘n wit voertuig opgelaai. Die motor het ‘n NC -registrasienommer gehad. Die tiener is op 7 September deur haar ouma as vermis aangemeld.
Enigiemand wat weet waar sy is, moet die ondersoekbeampte, adj.-off. Du Plessis, by 082 495 4605 kontak.
LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind
LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



