VRYSTAAT. – Die twee seuns, Connery Charles Over en Adriaan Johannes Barnard, van De Wetsdorp wat laas op 26 Augustus gesien is, is gevind.
Altwee seuns gevind
FiND iT het vroeër berig die twee seuns is op die betrokke dag gesien toe hulle Jimmy Roos se koshuis verlaat het. Foto’s en inskrywings oor die seuns se verdwyning is sedert hulle verdwyning op Facebook gedeel.
Pink Ladies berig die twee seuns is ongedeerd gevind en geen ander inligting is beskikbaar nie.
LEES OOK: Twee seuns (16) van Jimmy Roos Boarding steeds vermis
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



