September 16, 2021

Twee seuns (16) van Jimmy Roos Boarding steeds vermis

Twee seuns (16) vermis saam vanaf Jimmy Roos Boarding

Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding Foto: Pink ladies

VRYSTAAT. – DIe twee seuns, Connery Charles Over en Adriaan Johannes Barnard, van De Wetsdorp is steeds vermis nadat hulle laas op 26 Augustus gesien is toe hulle Jimmy Roos se koshuis verlaat het.

Twee seuns van Jimmy Roos-skool

LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding

Albei die seuns is 16 jaar oud. Pink Ladies skryf dis nie bekend wat Barnard tydens die verdwyning aangehad het nie. Hy het ‘n duidelike litteken op sy linkerpinkie. Hy het ook snymerke aan sy arms. Volgens hulle het Barnard ook ‘n mediese toestand. Dit is ook nie bekend wat Over aangehad het nie.

Indien enigiemand inligting oor die twee seuns het wat kan help om die seuns op te spoor, skakel die Dewetsdorp-polisie by 051 541 5400.

LEES OOK: Dokter vermis na sy Vrydag werk verlaat

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *