September 28, 2021

Man steeds vermis na familie gebel word vir losprys

Dit het ook met ‘n ander werknemer gebeur, maar dié persoon is gelukkig ongedeerd terugbesorg.

'n Losprys word geëis nadt 'n man, Marcal Francisco, ontvoer is.

'n Losprys word geëis nadt 'n man, Marcal Francisco, ontvoer is. Foto: Verskaf

GAUTENG. – ‘n Man, Joäo Avelino Marcal Francisco (55), is sedert Saterdag om 19:00 vermis nadat hy glo om die hoek van sy werksplek ontvoer is.

Volgens Mike Bolhuis, wat die saak ondersoek, het Marcal Francisco die betrokke dag sy werk, ‘n slaghuis en vrugte-en-groentewinkel in Hoofstraat Rosettenville, verlaat. Om die hoek van sy werksplek het ‘n ander motor glo sy vragmotor afgetrek. Bolhuis sê verder die vragmotor se venster is gebreek en Francisco is ontvoer.

Inligting gesoek na man glo ontvoer is

“Sy familie is intussen vir ‘n losprys gekontak. Die bedrag is onbekend. Dit het ook met ‘n ander werknemer gebeur, maar dié persoon is gelukkig ongedeerd terugbesorg.”

‘n Saak is by die polisie geopen. Indien enigiemand inligting oor Francisco se verdwyning het, kontak Osette van Staden by 0829794493.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *