September 16, 2021

Vrou dood met steekwond gevind, kêrel probeer homself glo vergiftig

Die verdagte is onder polisiebewaking geplaas en sal van moord aangekla word sodra hy herstel het.

Vrou vermoor, kêrel probeer homself glo vergiftig

Vrou vermoor, kêrel probeer homself glo vergiftig Foto: American Nurse

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (22) is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal in Greytown na sy meisie (36) se liggaam met ‘n steekwond gevind is.

“Die lyk van die slagoffer is op Donderdag 2 September 2021 in ‘n woonstel in Soweto ontdek. Die polisie het inligting ontvang oor ‘n vrou wat moontlik vermoor en in ‘n woonstel in Jabulani toegesluit was. Die polisie het na die woonstel gegaan en die deur oopgebreek,” sê lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder.

Vrou se liggaam met steekwond in woonstel gevind

Die polisie het op die liggaam van ‘n vrou, met ‘n steekwond aan die bolyf, afgekom. Die ondersoek het die polisie na KwaZulu-Natal gelei waar die verdagte, die slagoffer se kêrel, in ‘n hospitaal gevind is. Hy het homself na bewering probeer vergiftig.

Die verdagte is onder polisiebewaking geplaas en sal van moord aangekla word sodra hy herstel het. ‘n Ondersoek word gedoen om die omstandighede wat tot die moord gelei het, vas te stel.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *