September 27, 2021

Man deur vier honde aangeval

Daar is vasgestel dat die persoon die eiendom binnegegaan het om ‘n inspeksie van die stormwaterstelsel te doen.

Man deur vier honde aangeval

Man deur vier honde aangeval Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Werknemer van die Ethekwini-munisipaliteit is ernstig beseer nadat hy Dinsdag deur vier honde op ‘n eiendom aangeval is.

Reaction Unit South Africa (RUSA) berig hulle het verskeie oproepe van inwoners in die omgewing ontvang om hulp te vra vir ‘n man wat hulle hoor skreeu het terwyl hy deur die honde aangeval is.

Man aangeval

Medici is na die toneel gestuur en met hul aankoms het hulle die beseerde man met bytwonde aan sy liggaam en sy gesig gevind. Twee honde is in die omgewing opgemerk. Daar is vasgestel dat die persoon die eiendom binnegegaan het om ‘n inspeksie van die stormwaterstelsel te doen. Die eiendom was nie omhein nie.

“Sommige inwoners wat op die toneel vergader het, het die beamptes meegedeel dat die honde nie aan die huiseienaar van die erf waarop die aanval plaasgevind het, behoort nie. Ander beweer die honde is rondloperhonde, wat gereeld in die omgewing gesien is,” berig RUSA verder.

Die kritiek beseerde man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die hospitaal vervoer is.

LEES OOK: Bybel en mes op vermoorde vrou se liggaam gevind

LEES OOK: Man beboet, toegesluit na hy virus versprei en een sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *