September 20, 2021

Kinders ernstig beseer na botsing by Potch-kruising

Reddingskake is gebruik om die beseerdes wat vasgekeer was, te bevry.

Kinders kritiek na botsing by Potch-kruising

Kinders kritiek na botsing by Potch-kruising Foto: ER24

FOCHVILLE. – Sewe mense, waaronder vier volwassenes en drie kinders, is gistermiddag ernstig beseer toe twee ligte motorvoertuie op die R500 by die Potchefstroom-kruising in Fochville gebots het.

ER24-paramedici en provinsiale paramedici is ontbied en het twee voertuie langs die pad aangetref. Twee passasiers was vasgekeer, een in elke motor. Medici het die beseerdes ondersoek en bevind twee kinders is kritiek en ‘n derde het matige beserings opgedoen. Vier volwassenes het ligte tot matige beserings gehad.

Kinders ernstig beseer

Reddingskake is gebruik om die beseerdes wat vasgekeer was, te bevry. Twee kinders het gevorderde lewensondersteunende ingryping ontvang. Nadat hulle behandel is, is hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg geneem.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Plaasaanval – boer doodgeskiet, seun gewond

LEES OOK: Ma soek na 24 jaar steeds na vermiste seun

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *