September 16, 2021

Discovery begin verpligte inentingsbeleid vir werknemers in 2022

“Die bogenoemde punte in ag geneem, het ons ‘n duidelike morele en sosiale verpligting om ons te laat inent.”

Discovery begin verpligte inentingsbeleid vir werknemers (Foto: TimesLIVE)

Discovery begin verpligte inentingsbeleid vir werknemers (Foto: TimesLIVE)

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery Life, het Maandag aangekondig dat Discover ‘n verpligte inentingsbeleid vir Suid-Afrikaanse werknemers vanaf 1 Januarie 2022 gaan implementeer.

“Dit was ‘n groot stap, een waaroor baie gedebatteer is,” sê Gore in ‘n sespuntplasing op LinkedIn. “Ek bespreek hier die morele argumente in die saak, hoe ons daarop besluit het en hoekom ons onder omstandighede glo dat dit die regte ding is om te doen.”

Gore sê dan die eerste punt is die feit dat ons tans deur ‘n gesondheidstragedie leef en dat die vierde vlaag van die virus ‘n gevaar vir almal inhou.

Gore se tweede punt is die “onbetwyfelbare bewyse dat Covid-19-inentings veilig is”.

Dan bespreek Gore hoe dit duidelik is dat die Delta-variant van die virus makliker en verder versprei en dat die koste daarvan om jouself nié te laat inent nie, ‘n “las” op die samelewing veroorsaak.

Gore gaan voort deur te sê die struikelblok lê nie meer lê by die beskikbaarheid van die entstof nie, maar die huiwering om dit te kry.

“Die bogenoemde punte in ag geneem, het ons ‘n duidelike morele en sosiale verpligting om ons te laat inent,” sê Gore. “Die bogenoemde besluit word dus ondersteun deur ons wetlike plig om werknemers te beskerm van enige moontlike risiko’s.”

Lees Gore se verklaring hier.

Lees ook: Bloemfontein Online Co. se derde uitgawe is hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *