KWAZULU-NATAL. – Nege mense is dood toe drie vragmotors, ‘n minibus en ‘n bakkie vanoggend om 08:30 op die R612 gebots het. Al die slagoffers is op die toneel dood verklaar.
Nege dood in suide van KZN
Die ongeluk het tussen Ixopo en Highflats in die Harry Gwala-distrik in die suide van KwaZulu-Natal plaasgevind. Paramedici het ook 12 ander beseerdes behandel. Van die 12 was ernstig beseer en in ‘n kritieke toestand.
Die pad is vir ‘n geruime tyd vir verkeer gesluit. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
LEES OOK: Life Esidimeni-verhoor om dood van psigiatriese pasiënte te ondersoek, hervat
LEES OOK: Skoolseun van moord aangekla na messteek op terrein
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



