OOS-KAAP. – ‘n Man, Yibanathi MacGyver Ndema (43), wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou vermoor en toe as vermis aangemeld het, het vandag vlugtig in die Butterworth-landdroshof verskyn.
Ndema, wat sy vrou meer as twee jaar gelede as vermis aangemeld het, het gister vlugtig in die Butterworth-landdroshof verskyn. Hy staan tereg op twee aanklagte, een van moord en ook regsverydeling. Daar word beweer hy het sy vrou, Noluvuyo Nonkwelo (36), op 1 Julie 2019 by hul huis in die Zingqayi-omgewing vermoor.
Vrou as vermis aangemeld nadat sy vermoor is
Op 3 Julie 2019 het Ndema glo sy vrou as vermis aangemeld.
FiND iT het vroeër berig hy is Maandag in hegtenis geneem nadat menslike oorskot, vermoedelik dié van Nonkwelo, begrawe onder ‘n bad van hul huis gevind is. Die aanklaer het aansoek gedoen dat die saak uitgestel word vir formele borgtogaansoek en verdere ondersoek. Die staat staan borgtog teen en die saak is tot 10 September uitgestel.
LEES OOK: WSU-student doodgesteek na opmerking oor ‘moetie’
LEES OOK: ‘Vermiste’ Pretoria-man veilig en ongedeerd gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



