PRETORIA. – Die “vermiste” Louis de Villiers, wat laas op 27 Augustus gesien is, is Maandagaand veilig en ongedeerd gevind.
Dit volg na berigte dat De Villiers moontlik nie ontvoer was nie nadat CCTV-beeldmateriaal van hom na vore gekom het.
‘Vermiste’ Pretoria-man stap op grondpad
Mike Bolhuis sê beeldmateriaal wys hoe De Villiers sy bakkie by Letlabeli-winkelsentrum stop, uit die motor klim en met ‘n sekuriteitswag gesels. Die sentrum se beeldmateriaal wys verder hoe De Villiers dan op ‘n grondpad wat na die hoofpad lei, loop.
Bolhuis sê verder hy is op ‘n veilige plek, maar die plek is nie bekendgemaak nie.
Bolhuis en De Villiers sal mekaar vandag ontmoet.
LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind
LEES OOK: Man vermis, bakkie by winkelsentrum gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



