September 27, 2021

Ma sê moedeloos: ‘My kleuter het my hele lewe oorgeneem’

Sy vertel verder dat sy niks tyd aan haarself kan spandeer nie.

Moedelose ma sê: "My kleuter het my hele lewe oorgeneem"

Moedelose ma sê: "My kleuter het my hele lewe oorgeneem"Foto: iStock

Elke ma het seker al moedeloos en moeg gevoel, maar hoe vind jy ‘n balans tussen tyd vir jou kinders en tyd vir jouself? “Die hele dag. 100% van my tyd. Alles gaan oor hom. Ek weet, ek het gekies om ‘n kind te hê. Maar dit gaan nie meer oor my nie, ek voel ek het nie meer ‘n identiteit nie, omdat ek myself heeltemal aan my kind gee.”

So skryf ‘n moedelose ma, wat al haar werk en stokperdjies opgegee het om haar kleuter by die huis groot te maak, op Reddit. Die ma, wat anoniem wil bly, sê sy het haar werk al drie jaar gelede gelos omdat sy nie vertrou om haar kind by ‘n dagsorgfasiliteit te los nie.

Ma is moedeloos en vra hulp op internet

“My man het ‘n taamlike goeie loopbaan, maar doen alles wat hy kan as hy tuis is. Ons het nie regtig ‘n verhouding buite ouerskap nie. Hy voel ook asof alles wat ons doen om ons kind draai.”

Sy vertel verder dat sy niks tyd aan haarself kan spandeer nie. Sy erken aan die einde dat dié tipe leefstyl nie gesond is vir haar of haar huwelik nie.

“Maar ek het geen idee wat om te doen nie,” eindig die ma haar inskrywing.

LEES OOK: ‘Milané is nou by ons Vader’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *