September 16, 2021

Bloemfontein Online Co. – 2 September 2021

Die derde uitgawe van Bloemfontein Online Co. is nou beskikbaar!

Ons gesels dié week met Bianca Bronkhorst wat, ten spyte van onderwysers wat op skool vir haar gesê het dat sy nooit sal kan verf nie, haar besigheid met haar skilderkuns laat floreer. Ons gesels met Anli Starke oor die gebedsjoernaal wat sy en haar twee vriendinne gepubliseer het ná hulle God se stem gehoor het. Ons praat met Willie Greyling, pa van die 11-jarige Gerhard wat weens Covid-19 in die hospitaal beland het, ons kyk na pragtige foto’s van babas wat tydens die pandemie gebore is en ons bring hulde aan geliefdes wat ons verloor het.

Kyk ook na die afdelings waar jy as leser aktief by die koerant betrokke kan raak.

Daar is ook ‘n kompetisie aan die gang!

Bloemfontein Online Co. sal weekliks op ‘n Donderdag beskikbaar wees.

Lekker lees!

Klik hier om jou uitgawe gratis as PDF af te laai of lees sommer hier aanlyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *