September 27, 2021

Thalana Botma: vul jou glas as vrou

Die wêreld daar buite sê vir ons ons moet op ’n sekere manier wees en lewe. Dit is nie realiteit nie. Jy is nie alleen nie.

Thalana Botma: vul jou glas as vrou

Thalana Botma: vul jou glas as vrou

Thalana Botma, ’n bekende fotograaf, mamma en vrou gesels oor hoe jy jou glas as vrou moet vul.

Ek het nou die dag iets op Facebook gelees wat my joe, hete, jitte, jislaaik, maggies, magtie laat voel het, maar ook hartseer. Die inskrywing lees: Hou op om oor alles jammer te sê, elke liewe keer. Hou op om die perfekte vrou, ma of skoondogter te wees. Jy is mens. Wees lief vir almal, maar maak seker jy sê nie vir jouself nee as jy vir ander mense ja sê nie. Wees lief vir jouself nes jy is en hou op om jou te vergelyk met ander. Sommer dadelik! Doen wat mooi is vir jou. Begin by jouself. Maak jou glas eers vol. Kyk na jou hart, jou gedagtes. Wees sag, maar ook hard. Wees lojaal. Vind uit wie jy wil wees en wie is daardie persoon. Dis jou lewe, jou reis. Leef dit!

Watter wonderlik boodskap is dit nie. Ek het dit nie net gelees nie, ek het dit gevoel ook. Wat ek onder jou aandag wil bring, is oor die algemeen sukkel ons elkeen met daardie boodskap. Dit is eintlik regtig baie hartseer. Almal het verskillende journeys in die lewe. Soms op daardie pad verloor jy jouself as mens. Wie en wat jy eintlik is. Wat jou fondasie is. Vir wie en wat jy staan in die lewe. Want ons het druk van die buitewêreld af.

Die wêreld daar buite sê vir ons ons moet op ’n sekere manier wees en lewe. Dit is nie realiteit nie. Jy is nie alleen nie. Almal gaan daardeur. Ek het nie al my toys in een boks nie. Nooit nie. Dis normaal. Ek is nie perfek nie en so is jy ook nie. Dis normaal. Die Here het nie vir ons gesê ons moet perfek wees nie. Hy het ook nie ’n fout gemaak met jou nie.

Die heel belangrikste is, gaan was vanaand jou glas uit. Maak hom skoon. Tap nuwe water in. Vul jouself as vrou. En sit sommer vir jou ’n blommetjie ook in. Want jy verdien dit.

Uit jou glas uit, voed jy verskeie ander glase. Jouself, jou kinders, jou man, verhoudings, jou besigheid. Ons vergeet soms om na onsself te kyk. Ek sal eerder wil sê ek het 50 jaar vir myself geleef en ek is gelukkig, as wat ek sê ek het vir 50 jaar nie gelewe nie as gevolg van ander mense. Kyk na jouself as vrou. Maak jou eie glas vol sodat jy al die ander uit jou glas kan voed.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *