HARARE. – ‘n Man van Zimbabwe is deur ‘n olifant vertrap en sy vriend beseer toe hy ‘n foto van hom saam met ‘n olifant wou neem.
Die slagoffer se naam is nog nie bekendgemaak nie. EWN berig die voorval het in ‘n boerderydistrik naby die sentrale stad Kwekwe gebeur.
Nie die eerste keer wat olifant man vertrap
Daar word verder berig twee olifante is na die voorval deur parkwagters doodgeskiet. Die eerste een is na die voorval geskiet. Die tweede olifant is geskiet omdat hy op pad was na die Kwekwe-woongebiede.
Dit is nie die eerste keer in dié land wat mense vertrap word deur olifante terwyl hulle foto’s saam met die diere wou neem nie.
LEES OOK: WSU-student doodgesteek na opmerking oor ‘moetie’
LEES OOK: ‘Vermiste’ Pretoria-man veilig en ongedeerd gevind
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



