September 28, 2021

Vragmotor en bussie wat jong leerders vervoer bots, twee dood

Die bestuurder van die bussie was in die wrak vasgekeer en moes met reddingskake bevry word.

Vragmotor en bussie wat jong leerders vervoer bots, twee dood

Vragmotor en bussie wat jong leerders vervoer bots, twee dood Foto: Arrive Alive

GAUTENG. – ‘n Botsing in Ohrtmannweg in die Willowton-omgewing tussen ‘n vragmotor en ‘n bussie, wat jong leerlinge vervoer het, het die lewens van twee leerders, tussen die ouderdomme van agt tot tien, geëis.

Arrive Alive berig met die paramedici se aankoms het hulle verskeie beseerdes met ligte tot ernstige beserings gevind. Die bestuurder van die bussie was in die wrak vasgekeer en moes met reddingskake bevry word.

Talle beseer toe bussie en vragmotor bots

Daar word verder berig twee leerlinge tussen die ouderdomme van agt en tien jaar is op die toneel aan hul beserings dood voordat mediese personeel opgedaag het. Verskeie nooddienste was op die toneel en al die beseerdes is na verskeie mediese fasiliteite in die Pietermaritzburg-omgewing geneem.

“Ons innige meegevoel met die familie van die oorlede kinders. Dankie aan al die dienste op die toneel vir u hulp. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die ondersoekowerhede bepaal word,” berig Arrive Alive verder.

LEES OOK: Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *