September 28, 2021

Vermiste meisie (6) se liggaam glo in bure se huis gevind

” … die moontlikheid om ‘n ander misdaad soos verkragting toe te smeer, kan nie uitgesluit word nie”.

Vermiste 6-jarige se liggaam glo in bure se huis gevind

Vermiste 6-jarige se liggaam glo in bure se huis gevind Foto: Forensic Resources

LIMPOPO. – ‘n Man (35) is in hegtenis geneem nadat ‘n 6-jarige meisie wat Sondag om 20:00 vermis geraak het, se liggaam glo in die bure se huis gevind is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê Bokamoso Tjabadi het Sondag in die Phokoane-omgewing vermis geraak. Volgens Mojapelo het die polisie onmiddellik met ‘n soektog begin. Die soektog het die hele nag geduur.

Maandagoggend het hulle besluit om die huise in die omgewing te deursoek.

Vermiste meisie se liggaam gevind

“’n Buurman het na bewering geweier dat sy huis deursoek word. Die polisie het wel later toegang tot die man se huis gekry.”

Die kind is glo binne die huis gevind. Die verdagte is dadeik in hegtenis geneem.

“‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel hoe die meisie dood is. Die motief vir die moord is in hierdie stadium onbekend, maar die moontlikheid om ‘n ander misdaad soos verkragting toe te smeer, kan nie uitgesluit word nie”.

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof op Nebo verskyn.

LEES OOK: Leerder Maandag buite klaskamer doodgesteek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *