September 19, 2021

Buitelandse burger verkoop glo aborsietablette

Cytotec-tablette val in die skedule 4-kategorie van medisyne en verwante stowwe wat slegs deur ‘n geregistreerde geneesheer of apteker verkoop en versprei mag word.

Buitelandse burger verkoop glo aborsietablette

Buitelandse burger verkoop glo aborsietablette Foto: Smithsonian Magazine

OOS-KAAP. – ‘n Buitelandse burger, Johan Turyamureba (25), sal na sy hofverskyning in hegtenis bly nadat hy glo aborsietablette verkoop het.

Aborsietablette glo aan publiek verkoop

Die Valke, saam met die Oos-Londen-polisie, het Turyamureba in hegtenis geneem weens die aantygings dat hy Cytotec-tablette aan lede van die gemeenskap verkoop het. Cytotec-tablette val in die skedule 4-kategorie van medisyne en verwante stowwe wat slegs deur ‘n geregistreerde geneesheer of apteker verkoop en versprei mag word.

Daar is na bewering beslag gelê op 26 tablette en R4 500. Die saak is tot 13 September 2021 uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.

LEES OOK: ‘Vermiste’ Pretoria-man veilig en ongedeerd gevind

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *