OOS-KAAP. – Die polisie is op soek na die naasbestaandes van ‘n onbekende man en vrou wat die naweek in ‘n ongeluk gesterf het.
Die Algoapark-polisie ondersoek ook ‘n saak van strafbare manslag. Die ongeluk het die naweek by die kruising van St. Leonardsrylaan en Uitenhageweg plaasgevind. ‘n Grys Audi en ‘n donkerblou Mercedes Benz was in die ongeluk betrokke.
Naasbestaandes van man en vrou gesoek
Beide insittendes van ‘n Audi, ‘n man en vrou, is op die toneel dood en die bestuurder van die Mercedes Benz is tans in die hospitaal.
Enigiemand wat kan help om die twee mense te identifiseer of om die naasbestaandes op te spoor, kan adjunk-adjudant-offisier Errol Kleinhans by 0823026419 of die Crime Stop-nommer by 08600 10111 kontak.
LEES OOK: Bejaarde (94) deur plaashuis se venster geskiet, sterf in hospitaal
LEES OOK: Drie in hegtenis na moord op Dewetsdorp-inwoner
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



