Kimberley-vrou doodgesteek na beweerde bakleiery oor R350-toelaag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die polisie in die stad ondersoek tans ‘n saak van moord nadat ‘n 47-jarige Kimberley-vrou in Galeshewe doodgesteek is na ‘n bakleiery glo oor die R350-toelaag ontstaan het.

Man vas na Kimberley-vrou doodgesteek is oor “R350”

Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê ‘n bakleiery het na bewering tussen die slagoffer en die verdagte (56) ontstaan. Volgens Kale was die verdagte glo onder die indruk dat die slagoffer namens hom aansoek gedoen het.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en van moord aangekla. Hy sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.”

LEES OOK: Twee seuns (16) saam vermis vanaf Jimmy Roos Boarding

LEES OOK: Bloed in vermiste Louis de Villiers se bakkie gevind

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.