“Vandag is die dag,” sê Petrus Phakamile Sitho terwyl hy en die ander rolspelers wag vir die minister van polisie, Bheki Cele. Die groep rolspelers vergader vandag met die minister waar hulle hoofsaaklik oor die plaasaanvalle en plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind, gaan gesels.
Die span sal die kwessies rakende plaasaanvalle en plaasmoorde aanspreek. “Ons wil by die minister uitvind of die Suid -Afrikaanse polisie en regering ‘n plan het om nie net plaasaanvalle en moorde, maar ook die misdaadkwessie in ons land te bekamp,” sê Louis Fourie, bestuurder en administrasie van Stop Plaasmoorde.
Klik hier om na die video te kyk waar die betrokke rolspelers vir die minister sit en wag.
LEES OOK: ‘Ons soek antwoorde’ sê rolspelers wat vandag met Bheki Cele vergader
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



