Man neem glo eie lewe na boodskap op vrou se selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË – ‘n Man (30) het na bewering sy eie lewe geneem ná ‘n bakleiery met sy vrou oor ‘n boodskap wat sy op haar selfoon ontvang het.

Man neem glo eie lewe in huis

Paavo Iiyambo, onder-kommissaris van die polisie, het aan The Namibian gesê die egpaar het glo baklei oor ‘n boodskap, waarna die vrou na ‘n buurman se huis is. Nadat sy ‘n ruk weg van die huis was, het sy teruggekeer huis toe en haar man gevind wat homself na bewering gehang het.

Die oorledene was Melrico Michael Tiboth. Hy het geen brief agtergelaat nie. Daar word verder berig geen gemene spel word vermoed nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood te bepaal.

LEES OOK: Vrou in Toyota Prado gesoek na fetus in asblik ontdek is

LEES OOK: Manenberg-katslagter slaan weer toe, R20 000 beloning

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.